Jou Mense My Mense

#JouMenseMyMense – 05 Februarie 2019 – Lucy Hammond

7 Februarie 2019

Lucy Hammond het 5 jaar gelede haar “Plek van Geloof” begin om in die dringende behuisingsnood van behoeftige persone te voorsien. Dit het eintlik al in 2007 begin met verskillende uitreikprojekte en toe ‘n 4 jaar tydperk waar sy 3 keer ‘n week vir mense op straat kos gegee het. Sy het honger en koud […]

Read More

#JouMenseMyMense – Onderwyserdag saam met Deirdré

9 Desember 2018

Ons het die afgelope week Internasionale Onderwyserdag gevier, maar moes wag tot die skole weer open om dit saam met ‘n baie spesiale onderwyseres te kan vier. 34-jarige Deirdré wei haar lewe daaraan toe om kinders se kennis te verryk! Sy is ‘n voltydse onderwyseres by Suiderbergskool, maar ook ‘n voltydse Mamma van ‘n energieke, […]

Read More

#JouMenseMyMense saam met SPAR – #16days @LyttletonPolisiestasie

25 November 2018

Die wêreldwye #16daevanaktivisme teen geweld, teen eintlik maar alle en enige mense, is jaarliks tussen 25 November en 10 Desember. Dis in hierdie tyd wat ons by die polisiemanne en -vroue van #LyttletonPolisiestasie gaan kuier het. Hulle kry soveel keer eerstehands te doen met presies dit waarteen ons opstaan. En hulle raak ook moedeloos omdat […]

Read More

#JouMenseMyMense 20Nov2018 Omgee-Flashmob vir Ilse-Marie

20 November 2018

André en Ilse-marie van Huyssteen het op 8 Augustus 2018 by vriende van hulle in Pretoria gekuier toe die jacuzzi, waarin André ontspan het, se boiler ontplof het. ‘n Stuk hout van die dek het André teen die kop getref en so diep binnegedring, dat dit eers die volgende dag tydens ‘n operasie verwyder kon […]

Read More

#JouMenseMyMense – 13 November 2018 – Die Feldman-gesin

13 November 2018

Baie van ons se blootstelling aan die oorweldigende hoeveelheid plaasaanvalle, is dit wat ons lees op die lamppale of die swart en wit skokkende feite van ‘n koue kliniese nuusberig of bulletin. Feite soos Robbie (56), sy vrou Hester (52) en hulle 16 jarige seun, Frikkie wat geslaap het toe vier gewapende aanvallers hulle 2 […]

Read More

#JouMenseMyMense Karwagte

8 November 2018

Elke week koop Lindie Strydom by Monumentpark Superspar die blommetjie, geskenk of sakkie kruideniersware waarmee sy iemand gaan verras as deel van ons #JouMenseMyMense projek in samewerking met SPAR. Sy het eintlik al ‘n nie-amptelike staande afspraak met die vriendelike karwagte in die parkeerarea wat weet dat sy iewers deur die loop van ‘n Dinsdagoggend […]

Read More

#JouMenseMyMense – Elize Visser – 25 September 2018

25 September 2018

Elize Visser het al in Standerd 2 vir haar juffrou gesê sy wil eendag sielkunde swot. Toe daar na skool nie geld is om te gaan studeer nie, het sy soos haar pa, broer, oom en neef by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit waar sy vir 30 jaar lank, die een na die ander eksamen geskryf […]

Read More

#JouMenseMyMense – 18 September 2018 – Juffrou Kobie du Plessis

18 September 2018

Toe Juffrou Kobie du Plessis 22 jaar gelede by Totiusdal ingestap het, was daar maar 1 klas van 29 maatjies. Saam met die ouers het sy begin plant en bou en toe hulle ‘n pophuis wou koop, het sy een Vrydagaand 1080 vetkoeke verkoop! Die kultuur van onderwys wat sy hier kom vestig het, is […]

Read More

#JouMenseMyMense – 11 September 2018

11 September 2018

Ons het vroeër vanjaar by 11 jarige Divenette Streicher se Tannie, Cherize Steyn gaan kuier toe sy ons meer vertel het van hierdie dapper vegtertjie wie se blindederm gebars het na sy aanvanklik verkeerdelik met nierpypontsteking en blaasinfeksie gediagnoseer is. Divenette was ‘n maand en ‘n half in Steve Biko voor sy danksy die bydraes […]

Read More

#JouMenseMyMense – 4 September – Angelique

4 September 2018

Angelique Koekemoer (26) en haar 2 klein seuntjies se hele lewe het op 10 Augustus verander. Angelique se man, Marinus het oorinfeksie gehad. Gedurende die nag het hy gekla van verskriklike pyn en teen dagbreek was hy in ‘n semi-koma. Angelique het die ambulans ontbied en Marinus is in Steve Biko hospitaal opgeneem. Met sy […]

Read More

Load more

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial