#SKOOLMETDIEBESTEGEES 2017!

Jou skool se kans om vir die hele Suid-Afrika te wys hoe lyk ware geesdrif, vurigheid, entoesiasme, lewenslus en positiwiteit, passie, ywer en energie, betrokkenheid, eenheid en samehorigheid of hoe ook al JY die woordjie “gees” verstaan en wil wys! Ons span van GROOTfm 90.5 en Skole Beeld kom saai regstreeks van jou skool af uit met ‘n bussie, kamera en verhoog en so weergalm en verwoord, fotografeer en deel ons elke stukkie van die aansteeklike atmosfeer wat ons daar by julle beleef met almal wat ons kan op lug, in die koerant en op Sosiale Media! Asof dit nie lekker genoeg is nie, stap die wen hoër- en laerskool hierdie jaar weg met R20 000 se pryse!

Vir verdere inligting of om ‘n datum vir JOU skool te bespreek, klik hier