Die GROOT Ontbyt

Johrné van Huysteen, Hendri Myburgh en Elsa Esterhuizen

Die GROOT Ontbyt

Die GROOT Ontbyt is GROOTfm 90.5 se gewilde ontbytprogram wat elke weeksoggend regstreeks vanaf 05:30 – 08:30 uitgesaai word. Wat hierdie program uniek maak is dat dit ook van 06:00 – 08:00 op kykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai word – ʼn hibried-konsep tussen radio en televisie wat die aanbieders die geleentheid gun om hul talentvolle vlerke nog wyer te sprei. Dié samewerking is ʼn eerste in sy soort en ʼn heeltemal unieke benadering in Suid-Afrika.

Die GROOT Ontbyt se inhoud bespreek aktuele sake wat nuus, weer en verkeer insluit. Ons stel graag nuwe rolspelers op verskeie gebiede aan ons kykers en luisteraars voor, en kry ‘n goeie dosis vermaak met geliefde kunstenaars, sportsterre, akteurs en ander bekendes wat gereeld ‘n draai kom maak om te kom gesels.

Johrné is nou al 17 jaar onwillekeurig in die vermaaklikheidsbedryf, maar geniet sover elke minuut. ddisselblom het in 2000 begin, waarna hy ‘n program ‘Gons’ op Kyknet en MK aangebied het. Daarna was hy deel van DEKAT op SABC3. Radio het sy pad in 2010 gekruis en sy gunsteling medium geword. ‘Ek is ook ‘n ‘serial seremoniemeester’ wat elke denkbare funksie al behartig het.’

Hendri is passievol, lewenslustig en skroom nie om ‘n uitdaging met altwee hande aan te pak nie. Walt Disney het nie verniet gesê: “If you can dream it, you can do it” nie – mense se opinies is belangrik, maar dis belangriker hoe hy oor homself voel wanneer hy sy kop in die aande neerlê.

Elsa is ambisieus en werk hard aan haar loopbaan. Sy het ’n passie vir diere, mense en Afrikaans en hóú daarvan om te klets! Sy lag graag en sommer baie maklik! Sy’s lief vir die lewe en enige iets wat inspireer…

Deel die artikel met jou vriende:

Johrné van Huysteen, Hendri Myburgh en Elsa Esterhuizen

Maandag

06:00 08:30

Dinsdag

06:00 08:30

Woensdag

06:00 08:30

Donderdag

06:00 08:30

Vrydag

06:00 08:30

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial