ONS OMROEPERS

SU-AN MÜLLER-MARAIS

Ontmoet ons ATKV-Mediaveertjiewenner in die kategorie Beste aanbieder by ‘n gemeenskapradiostasie 2016!

Jy ken haar dalk as Elaine van 7delaan. Sy het ook al in Binneland verskyn, maar sy’t eintlik ‘n Honneursgraad in Afrikaans-en-Nederlands en was ‘n dramajuffrou vir 3 jaar! Sy het ook film-en televisiekunde onder Brümilda van Rensburg studeer en met lof geslaag. Sy tree gereeld op as seremoniemeester en beoordelaar van verkeie geleenthede, en is al genooi om SATCH (South African Talent Championships) in Amerika te verteenwoordig.

Su-an is in 2015 én 2016 genomineer vir ATKV-Mediaveertjies vir haar onderhoude met Steve Hofmeyr, Wouter Kellerman en Suzelle DIY. Ander bekendes wat al vir haar in die ateljee kom kuier het, sluit in Elvis Blue, Deon Meyer, Tim Noakes, Die Heuwels Fantasties, Robbie Wessels, Koos Kombuis en Laurika Rauch

As jy lus is vir ‘n reguit, skerp, alternatiewe blik op die lewe, skakel weeksdae tussen 09:00 en 12:00 in by Su-an... en so aan

Sy stem saam met Robin Williams: "You're only given a little spark of madness. You musn't lose it".