Sonet Bergh

ONS OMROEPERS

SONET BERGH

Sonet is gebore in Pretoria, maar het grootgeword in ‘n klein Zululandse dorpie, genaamd Mtunzini. Die Afrikaanse vertaling lui ‘Plekkie in die skaduwee’. Maak sin, want dit word vrek warm! Dit is ‘n dorpie by die see, die laerskool-skoollied getuig daarvan deur af te skop met die strofe: 'Hier waar ons ver oor die see kan kyk'. Ten spyte daarvan dat sy tussen die branders grootgeword het, kan Sonet nie branderplankry nie, maar sy meen wel dat sy ‘n kampioen swemmer/'bodysurfer' was. Is? Haar Hoërskoolloopbaan is voltooi te Port Natal Hoërskool, Durban, en daar staan sy toe bekend as Rama, ‘n koshuisbrak.

Sy is tans ‘n bemarker, tydskrif- en kopieskrywer by ‘n maatskappy genaamd Big Door: Brand Design and Communication. Voor die intree tot die kommunikasiebedryf, was sy 'n onderwyseres by Die Hoërskool Menlopark.

Nadat sy ´n BSc.Dierkunde-graad by Tuks of Niks behaal het, het sy die geleentheid gehad om haarself te verlustig in kinders se niere, sowel as maniere, en het Biologie, Wetenskap en Lewensoriëntering as vakke aangebied. Gedryf deur haar liefde vir diere, het sy die Dierkunde aangedurf, alhoewel haar ‘craving’ vir kreatiewe, tog betekenisvolle kommunikasie aan’t groei was – met ´n spoed!

In 2007 voltooi sy dus ´n joernalistiek diploma, daarna skool gegee, en toe ‘n 'gap' in die kommunikasiebedryf gekry...'and, as the say...the rest is history'!

Sy bevind haarself nou in ´n omgewing waar sy haar passie vir God, mense, kommunikasie, praat (die enigste ‘silent’ deel van haar is die T in haar naam!) en kreatiwiteit te kan uitleef. Ek put myself graag Ultimately, significantly net om meer en meer te kan kommunikeer! En wel, GROOT te gaan!
 
"En, ook net iemand op ‘n daaglikse reis, met ‘n elke-dag-dagdroom, as gevolg van genade, ter wille van die strewe om uitsonderlik te wees. ‘n Kleine kolletjie kleur op God se ‘canvas’ van die GROTER prentjie!"