ONS OMROEPERS

RUBEN DELMAGE

Ruben Delmage is gebore en het groot geword in Klerksdorp in die Noord-Weste. Was nog altyd gek daaroor om mense te vermaak op een of ander manier. Op Hoërskool het hy al begin om te DJ by vriende se partytjies en later baie groter funksies, troues ens... Dis hier waar die liefde vir die mikrofoon ook begin het... Vandag Tree hy ook gereeld as MC op by verskeie funksies.

Dit was in die jaar van 2000 wat hy vir die eerste keer by 'n radio ateljee instap. "Oeg dit was so cool gewees! Onthou dit so goed soos gister... Die klankdigte deure met die rooi 'On-Air' lig wat bo die deur was... En toe daai deur oopgaan en ek instap en omring is deur CD's, mikrofone, baie knoppies en oorfone op die kop, het ek geweet, hierdie is mos my huis ja!!"

Vandaar het hy by hele reeks klein radio stasies, en ook 'n paar internet radio stasies uitgesaai. In 2012 gaan doen hy 'n radio omroepers kursus en daar ontmoet hy sy "radio mentor", Anton Olwage wat 'n pad met hom gestap het en die beste "radio omroeper" uit hom uitgebring het.

Met 'n reuse passie vir die musiek industrie en self ook 'n musikant, lewe hy homself daarin uit!

"kyk hier, omring jouself met die dromers in die lewe... Die wat die guts het om in te klim en dinge gedoen kry... Maar meer as dit, omring jouself met die wat die beste in jou raaksien... Selfs al kan jy dit nie in jouself eers raaksien nie... Okay, dit was nou 'n diep oomblik... kan ons nou gaan braai asb....?"