ONS OMROEPERS

RIVA SCHOEMAN

Ek het eens op ‘n tyd hierdie woorde gehoor en dit het my nog altyd bygebly, daarom beskou ek dit as my leuse: “Even if you are on the right track, you will get run over if you just sit there…”

Ek is gebore in die Vrystaat en in my hart is ek soms nog daar. Ek vat myself en die lewe om my nie te ernstig op nie, tog is daar plek vir baaaaaie diep dinge…..soms. Ek gee nie om om my naam (let wel, op ‘n goeie skoon manier!) soms met ‘n plank te slaan nie, en lag saam al is ek die gek! (Dit gebeur nogal dikwels, glo my!!) Ek glo in die inherente goedheid van mense, en alhoewel dit my al soms ontnugter het, is dit steeds deur en deur die moeite werd. Ek glo ek is skatryk omdat ek my ma as rolmodel het, en ek glo dat as ek net ‘n stukkie van haar na my eie kinders kan oordra, sal my kinders altyd OK wees. Ek is ryk omdat ek reeds die seer en die lag van die lewe ervaar het, en ek is ‘n miljoenêr omdat ek die voorreg het om Ruben en Samuel se ma te kan wees. Ek glo onwrikbaar aan geloof, liefde en hoop. Moenie vir my jok nie, dan maak jy my beneuk! Moenie dink jy is beter as ander nie, dan maak jy my vies, en moenie weerlose mense of diere skaad nie, dan maak jy my woedend!!!!!! Ek hou daarvan om myself in boeke of ‘n goeie fliek te verloor, en Jon Bon Jovi is die mooiste en talentvolste man op hierdie aarde, sjoe!!!!!!! Wat nog? Wel….. die belangrikste is dat God die Vader my anker is.

"Even if you are on the right track, you will get run over if you just sit there…"