ONS OMROEPERS

PHILLIP KOTZE

Anders as wat meeste mense dink, is ek nie ‘n gebore Vrystater nie. Nee, ek het daar in die Oos Kaap my eerste asemteug gevat, in Adelaide, om presies te wees. Ek het matriek geskryf aan DF Malan Hoërskool, en daarna Grafiese Kuns gestudeer. Ja, ek skilder nogsteeds graag, die tyd daarvoor is net so min?!

Na my kunsstudies vlieg hierdie boerseun na Wenen, Oostenryk, waar ek my sangstudies voortsit. Europa was pragtig, maar daar is net een sonnige Suid Afrika, en in 1982 keer ek terug huis toe, en begin voltyds sing.

Dit was in 1992 wat ek my liefde vir uitsaai ontdek het, toe ek by die destydse Radio Oranje (nou OFM) begin uitsaai het. Dit is verseker een plek waar ek baie tuis voel – agter die mikrofoon. Ek is ‘n baie ‘ondersoekende’ mens, en daarom het ek gou vir myself gevra: ‘Wat is God se doel hiermee?’ Die antwoord was eenvoudig: ‘Hierdie is ‘n uitbreiding van jou saaigebied vir God!’ Ek het vir 21 jaar die Gospel program by OFM aangebied.

Ek het ‘n wye belangstelling in sport. Ek skryf graag. Ek is mal oor staproetes. Uit die aard van die saak geniet ek alle musiekkonserte. Ek eet graag Italiaans (pastas!) en drink Suid Afrikaans (ons het die beste rooiwyne!).

Wanneer ek nie sang onderrig as stemafrigter nie, fliek ek graag en speel in my vrye tyd Golf. Ek voel heerlik tuis in Pretoria, en weet verseker dat ek ook hier deel is van God se groter plan. O ja, amper vergeet ek om te sê, ek hou nie van skottelgoed was nie!

‘Wat is God se doel hiermee?’ Die antwoord was eenvoudig: ‘Hierdie is ‘n uitbreiding van jou saaigebied vir God!'