André Opperman

ONS OMROEPERS

GROOTfmAndre4 

André Opperman

 

Uitsaai tye: Sondae 18:00 - 22:00

 André Opperman

‘n Pretorianer en Blou-Bul in murg en been.

Hy beskryf homself meestal as ‘n kombinasie tussen ‘n “boksie-mens” en ‘n dromer.

Die “boksie-André” hou van syferwerk as Bourekenaar in die week, maar hy leef ook sy kreatiwiteit en “drome” uit met musiek. Dis juis hoe hy op GROOTfm 90.5 beland het - deur Kevin en Riva se “Jou ma sê jy kan sing”. Sy pa sê al jare vir hom: “Jy het ‘n stem vir radio” (gelukkig het hy nie gesê “gesig” nie) en toe hy die ateljee betree, het dit noodgedwonge ‘n nuwe mikpunt geword. Na jare se tuisgrappies met radio aankondigings het André uiteindelik die geleentheid gekry om voor ‘n regte radio mikrofoon in te skuif. Kinderlik gelukkig en terapeuties is woorde waarmee hy sy radiowerk beskryf.

Hy is al van kleins af lief vir God en daarom geniet hy die Gospelprogram tussen 18:00 en 22:00 op Sondagaande.

“Dit is lekker om God se naam GROOT te maak op GROOTfm 90.5!”