ONS OMROEPERS

JACQUES ERASMUS

Jacques Erasmus het groot geword in Hartbeespoort waar hy van klein tyd af `n passie vir musiek ontwikkel het. Hy het groot geword met name soos The Rolling Stones, Creedence Clear Water Revival, Cat Stevens, JJ Cale en natuurlik The Beatles.

Hy het op die ouderdom van 14 begin om kitaar te speel en op 15 het hy begin om oor te skakel na ander instrumente. Op 19 het hy produksie gaan swot by `n musiek kollege. Hy het toe later ook Radio joernalisteik en Radio wese gaan swot.

In 2007 het hy begin om radio produksies te doen vir verskeie radio stasies oor die land. Hy het ook in die tydperk begin optree saam `n afrikaanse rock groep wat die verhoog met name soos Klopjag, Arno Carstens en Albert Frost gedeel.

Sy passie vir radio het op `n jong ouderdom begin toe hy besef het dis die enigste medium waar hy altwee sy passies kan uitleef, musiek en vermaak. 


 
"Best things in life are free."