Elsa Esterhuizen

ONS OMROEPERS

ELSA ESTERHUIZEN

‘n Passie vir Afrikaans, radio, musiek, mense EN die lewe!

Gebore in 1991 met ‘n liefde vir gesels… Elsa het nog altyd presies geweet wat sy eendag wil bereik en toe raak sy absoluut VERLIEF op radio! Dis juis tydens ‘n deurnag-kuiersessie in ‘n ateljee, wat sy haar hart op dié medium verloor het en dadelik besef het DIS waar God haar wil hê! Na skool studeer sy Kommunikasiekunde.

In 2012, op 21-jarige ouderdom, het sy haar doelwit bereik en begin bou aan haar loopbaan. Sy maak haar debuut op radio by Bosveld Stereo in Hartbeespoort. In 2013 begin haar GROOT avontuur tussen die klankgolwe by GROOTfm 90.5. Dié liefde het steeds bly groei en toe byt die nuus-gogga haar en maak sy soggens ‘n draai op e.tv "Sunrise" in 2014.

"Mense som my dikwels op as ernstig, maar ek lag eintlik BAIE en maklik, jy weet? Dit bly ‘n voorreg om steeds by my mentor LiMari Louw en ander rolmodelle in die bedryf soos Mariëtta Kruger te kan leer - dit hou my op my knieë, en my GROOTSTE droom GROOT. Ek praat baie en is versot op my twee kat-kinders Luca en Lika en spanjoel-kind Cleo."

Elsa is ongelooflik opgewonde om deel te wees van die fenomenale en dinamiese GROOT-ontbytspan. Terwyl jy jou eerste koffie soggens geniet - hou sy jou op hoogte van die nuus en belangrike wêreldgebeure.
"Dis maklik – PRAAT, LAG en SING!!!"