Ons het ongelukkig nie enige omroepersposte tans beskikbaar nie, maar ons doen stemtoetse vir instaan-omroepers wat uithelp vir wanneer ons omroepers met verlof of siek is, of om mense te identifiseer wat ons kan gebruik vir voice overs.
As jy dus belangstel in omroeperswerk, kan jy die volgende doen (ons volg dieselfde proses met almal wat navraag doen):
Jy is baie welkom om net eers vir ons ‘n voice clip aan te stuur, waarin jy so bietjie meer oor jouself vertel en waarom jy in radio belangstel. Dit kan ongeveer 1 minuut lank wees.

Indien ons dan meer wil hoor, nooi ons jou vir ‘n stemtoets by ons ateljee. Jacques sal in daardie geval met jou opvolg om ‘n datum en tyd met jou te bevestig en die nodige detail aan jou deur te gee.

Voorspoed.

Upload