Meer oor ons

GROOTFM is ‘n radiostasie met ‘n kommersiële basis en ‘n sterk gemeenskapsbelang, wat in Afrikaans uitsaai en die groter Pretoria metropool bedien. Goeie Afrikaanse musiek en internasionale kontemporêre musiek vorm die kern van die stasie en is ook vermeng met lekker gesels oor die relevante sake van die dag.

Ons teikenmark is Afrikaanssprekende volwassenes van 35 – 55 jaar. GROOTFM word bestuur deur Media Management Solutions onder leiding van Besturende Direkteur, Hardus Zevenster.

GROOTFM bied ‘n uiters professionele diens aan kliënte en uitstekende radiogenot aan ons luisteraars. Omdat die radiostasie ook gebou is op Christelike waardes, vermaak ons nie net nie, maar wil graag ook ‘n impak maak om die Pretoria metropool ten goede te verander. Juis daarom werk ons in vennootskap met effektiewe rolspelers in die gemeenskap om lewens en omstandighede te transformeer.

GROOTFM glo in goeie nuus en is daarom ‘n stasie wat inspireer deur relevant, dinamies en betroubaar te wees. Ons omroepers is professioneel, maar ons glo in egtheid en daarom ontmoet hulle die luisteraar op ‘n persoonlike vlak binne sy/haar leefwêreld.
Kom saam op reis met GROOTFM en gaan groot!