#JouMenseMyMense

Sáám is ons beter!

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Ek wil nie eers my vyftig randjie aanbied wanneer die hulpkreet ‘n reuse sewe miljoen rand is om daardie kankerpasiëntjie in Amerika te kry vir behandeling nie, want waar sal die ander 139 999 vyftig rande vandaan kom? Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie…

GROOTfm 90.5 en SPAR Jou mense is my mense”! As jy hulle en hulle behoefte of omstandighede op die hart dra, dra ons saam! Ons sal jou “instaanfamilie” wees as tyd, geld of afstand maak dat jy nie by ouma se 90ste of daardie geliefde wat aansterk in die hospitaal, kan uitkom nie! Dis mos die dáár wees wat tel…die gebaar van liefde en omgee, die persoonlike boodskappie en ‘n bietjie bederf.

GROOTfm 90.5 se “Jou mense is my mense” en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.

Klik hier om die pdf dokument af te laai.