Ons almal ken vir Superman, Batman en Spiderman, maar elkeen het sy eie superhero!

Dis tyd om jou ‘Superhero pose’ te oefen, want op 14 April hardloop of vlieg ons die SABAT Hero Run ‘super’ vinnig, by High School Old Boy’s Club.

Kaartjies vlieg vanaf R90 p/persoon en kinders onder 5 is gratis.

Wys jou Superhero moves, hardloop saam en wees deel van die vermaak met Robbie Wessels, Lollos en meer.

Eerste 3000 inskrywings ontvang ‘n spesiale ‘Super Hero Cape’ en ‘n deel van die kaartjie-verkope word geskenk aan Caring Daisies.

Koop jou kaartjie NOU by iTickets.

GROOTfm 90.5 en Hero Run – aangedryf deur SABAT