Studiothon vir Hanna Charity

23 – 26 Oktober 2017

Hou op hanna-hanna en GEE!

GROOTfm 90.5 samel hierdie week geld in vir Hanna Charity.  Ons besef ons voorregte om daagliks ‘n koppie koffie te kan gaan koop, ‘n fliek te gaan kyk of take aways te bestel, terwyl daar duisende mense is wat net ‘n bord kos begeer.  Ons gee dus hierdie week iets op om sodoende daardie bedrag aan Hanna Charity te pledge vir mense wat regtig net die basiese behoeftes soos ‘n kospakkie benodig.

Ons daag jou uit – wat gee jy op?

Bobby van Jaarsveld het vanoggend besluit om sushi en fliek vir die week op te gee en daardie geld aan Hanna Charity te pledge.  Hy het egter besluit om ‘n paar vriende ook te skakel en Dewald Wasserfall, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Steve Hofmeyr is uitgedaag.

Maar dis nie al nie!  Hulle word nie net uitgedaag om iets op te gee en die geld te pledge nie!  Hulle word uitgedaag om saam met GROOTfm se omroepers ‘n hele 3-uur program aan te bied om sodoende ook al die luisteraars uit te daag om hierdie week saam met ons aan te pak!

Bly dus hierdie week ingeskakel op GROOTfm 90.5 wanneer ons die GROOTfm 90.5 Studiothon vir Hanna Charity aanbied:

Karlien van Jaarsveld gaan op Dinsdag, 24 Oktober saam met #Riva van 12:00 – 15:00 uitsaai.

Dewald Wasserfall gaan op Woensdag, 25 Oktober saam met Ruben Delmage van 15:00 – 18:00 uitsaai.

Bok van Blerk gaan op Donderdag, 26 Oktober saam met Su-an van 09:00 – 12:00 uitsaai.

En hulle gaan kyk wie kan die meeste geld insamel vir Hanna Charity!

Die GROOTontbyt en GROOTfm 90.5 daag al ons luisteraars en kykers uit om te kyk hoeveel mense ons hierdie week kan kry om iets op te gee en dan eerder daardie geld aan Hanna Charity te pledge vir mense wat regtig net die basiese behoeftes benodig.  Hou op hanna-hanna en GEE!

Wat sal jy gee…

‘n Dag se takeaway-geld, ‘n week se koffie-geld?

Pledge jou bedrag deur vir ons ‘n sms te stuur na 49905 met die woord HANNA, jou NAAM en die BEDRAG.

R1,50 per sms.