Ons harte klop liefde en vir Vrouemaand klop ons harte sommer handsakke vol liefde.

GROOTfm90.5 gaan saam met Lynnè de Jager, Bella Tydskrif en Menlopret Kleuterskool vir ons mammas van Booysens Beertjies Kleuterskool met ‘n handsak vol liefde, bederf saam met koek en tee!

EN ons nooi almal om saam met ons ‘n handsak te pak!

Indien jy nie ‘n ekstra handsak in jou kas het nie, is jy welkom om ons steeds te help, deur van die items te borg wat ons binne in die handsak wil pak:

Shampoo

Waslap

Kougom

Lip ice

Items/produkte/handsakke kan by GROOTfm 90.5 se kantoor of by Menlopret Kleuterskool afgelaai word tot en met Vrydag 3 Augustus.

Ons gaan dan op 7 Augustus 2018 by Booysens Beertjies Kleuterskool ‘n handsak aan elkeen van die mammas daar oorhandig saam met ‘n koek-en tee kuier.