#GROOTvrees2 het op Woensdag 1 November om 12:00 by BB Zambezi Honda afgeskop toe 10 finaliste na twee uitdunrondtes gekies is om in die Honda CRV te klim.

Slegs ‘n paar minute nadat hulle in die motor ingeklim het, was dit tyd vir hul eerste uitdaging – muisvalletjies!  Deelnemers is geblinddoek en moes letterlik op hul kniee rondkruip opsoek na muisvalletjies wat dan op ‘n tafel geplaas moes word, sonder dat die valletjie afgaan.  Ongelukkig het Gwen uitgeval in hierdie rondte en het 9 mans teruggeklim in die GROOTvrees2-CRV.

Gistermiddag was dit tyd vir die tweede uitdaging en dit het met ‘n GROOT skok gekom.  Die finaliste het letterlik geskok terwyl hul moes kyk wie die metaalring die meeste van een kant na die ander kant van ‘n gelektrifiseerde kabel kon skuif.  Malan het uitgeval, maar is toe sommer weer laat gisteraand a.g.v. ‘n wild card teruggeroep en hy het weer sy sit in die CRV geneem.

Geen deelnemer het uitgeklim nie, maar daar is natuurlik ook nie ‘n oog toegemaak nie, want die ongemak van 9 manne in ‘n Honda-CRV laat nie sommer slaap toe nie.

Op Donderdagoggend, 2 November is die finaliste vervoer na Hoërskool Overkruin waar dié skool se top hokkiespelers vir hulle ingewag het!  Elke finalis het ‘n beurt gekry om doelwagter te speel, terwyl die hokkie bokkies die balle na hulle toe slaan!  Dit was egter nie ‘n uitdunrondte nie en almal is weer terug na BB Honda Zambezi.

Om 12:45 het die volgende uitdaging plaasgevind toe deelnemers een-een uit die motor gehaal is, geblinddoek is en hulle moes raai wat hulle op die tafel voel.  Daar is raaiskote gewaag van ‘n vark tot ‘n rob (in Pretoria?!) maar die wen-raaiskoot was natuurlik die kop van ‘n man! Ongelukkig het Phillip uitgeval in hierdie rondte en is daar dus tans 8 manne in die CRV.

Ons is nou oppad na uitdaging 5!!!

Hou gerus ons webtuiste verder dop terwyl Bottomside Studios vir ons elke sekonde van al die aksie vasvang via livestreaming.

Kyk die ‘livestream’ hieronder!

R 60 000 se pryse geborg deur: