Hulle het besluit hulle sien kans vir enigiets… Ja… Enige iets!

Donker, beknopte spasies met iemand wat in jou nek blaas, klein gediertes, vreemde smake en geure – hulle vrees niks!

Dit was die GROOTfm 90.5 en BB Zambezi Honda GROOTvrees kompetisie!

Daar was aanvanklik 15 finaliste, toe 11 en uiteindelik 9. Jy moes jouself vreesloos beskou om vir drie dae en drie nagte lank skouer-teen-skouer tussen ander vreemdelinge in ’n Honda CRV-sportnutsvoertuig by die BB Zambezi Honda in Montana te sit.Verder moes jy jou dapperheid bewys deur verskeie vreemde goed te eet, aan iets grillerigs te vat of jou grootste vrees te oorkom. Met elke beproewing het hulle minder geword.

Op Saterdag, 6 Mei 2017 is Cornelius Potgieter as algehele wenner van #GROOTvrees gekroon.