Eugene Burger en Malise Jacobs was die wen-paartjie van die #GROOTtroue wat GROOTfm 90.5 in samewerking met Envy Weddings and EventsRustic Rock Venue en vele ander borge weggegee het op Maandag, 24 April 2017.

Op Saterdag, 5 Augustus het die GROOTdag aangebreek en GROOTfm 90.5 het die voorreg gehad om te kan deel in die kosbare oomblik toe Eugene en Malise ewige trou aan mekaar beloof het.

Groot FM 90.5 het natuurlik ook hul 4de verjaarsdag op 5 Augustus 2017 gevier.  Loer gerus hier na ‘n kykie van ons #GROOTmakietie.