Projekte

31 Maart - 3 April 2017

Die #GROOTboot saam met GROOTfm90.5, Die #GROOTontbyt en kykNET aanboord van die MSC Sinfonia

Daar is GROOT musiek van GROOT name en GROOT sports saam met vriende wat net sowel familie kon gewees het... Daar is GROOT verrassings en GROOT variasie, met ‘n bietjie GROOTontbyt en baie inspirasie. As jy hou van voluit en met oorgawe, GROOT diepte en GROOT nuwe hoogtes, met ‘n GROOT hart vir GROOT impak en GROOT vrolikheid met baie uitroeptekens, dan is JY die perfekte PASSIE-sier vir die GROOT boot!

Ons almal kort soms ‘n bietjie GROOT om dieper, hoër, nader en GROTER te lééf!

Kom maak ons almal se reis nóg groter!

Die #GROOTboot met Juanita du Plessis, Leah, Lindie Strydom, Joshua na die Reën, Willem Botha, Johrné van Huyssteen en Riaan Grobler.

Maak seker jy mis nie uit op die kans om saam met GROOTfm 90.5, Die #GROOTontbyt en kykNET vanaf 31 Maart - 3 April 2017 vanaf Durban na die Portugese eilande te vaar nie.

Skakel 0860 11 44 11 om te bespreek of kliek hier  hier
 

11-21 Julie 2016

#LeefSaam - skoenstories

GROOTfm 90.5 se “Leef saam” inisiatief, is ‘n nader-kom geleentheid tot binne in iemand anders se skoene of selfs gebrek aan skoene... Die watom te doen en hoeom te help sal dalk makliker en meer spontaan vloei as mense dit net eers ‘n bietjie nader waag. Ons hoef nie mense te manipuleer of forseer om te gee met eenvoudige “doen-net-dit-of-dat” plannetjies nie. Selfontdekking wakker daardie “ek kan nie anders as om te gee nie” aan! Hoor en sien vir jouself, beleef en besluit dan self wat jy voel jy moet doen in antwoord op wat jy gesien, gehoor en beleef het.

GROOTfm 90.5 het al saam met die mense van Rustenburg geleef tydens die maandelange mynstaking, tyd en ‘n broodjie gedeel met bedelaars en boemelaars, maatskaplike werkers en prostitute, karwagte en sekuriteitswagte. Ook saam met organisasies soos PEN, die Downsindroom Vereniging en die Raad vir Bejaardes om van nader te sien wat hulle werklik doen.

Hierdie jaar kry ons #LeefSaam insiatief ‘n nuwe dimensie met ‘n fisiese paar skoene van ‘n regte mens met regte omstandighede en dié se lewensverhaal. Skoene verklap iets van die pad wat iemand elke dag moet loop... Een paar skoene is gaar geloop agter enige moontlike werksgeleentheid aan terwyl ‘n ander paar netjiese hakskoene getuig van voete wat konstant langs ‘n hospitaalbed wag en eintlik nie kans kry om die lewe te loop nie...

Na afloop van 21 Julie sal #LeefSaam Skoenstories deel bly van ons deurlopende projekte en gebruik word om stories te deel op ‘n manier wat nie vir iets vra of bedel nie, maar jou net weer bietjie nader bring aan iemand anders se wêreld wat jy soms op ‘n afstand oordeel...

Kliek hier vir meer inligting.
 

9-20 Mei 2016

#Baadjie vir 'n Maatjie

‘n Baadjie is nogal ‘n “naby” geskenk – jy voel hom so aan jou lyf.  Nes die winterkoue wat ons in die laaste maand aan ons lyf begin voel het.  Maar GROOTfm 90.5 se #BaadjieVirMaatjie winterprojek het ook in ander opsigte naby gekom en nader gebring...

Van kleuterskole, dansskole, laerskole, hoërskole en privaat skole, kerke en die Voortrekkers, van motorhandelaars tot bourekenaars en ortopediese praktyke, bekendes en bejaardes, gewones en gemiddeles, mense wat kon gee uit hulle oorvloed en ander uit hulle tekort... soos die tehuis in Danville en gestremde tannie in Pretoria middestad...  Van leerbaadjies tot ski baadjies en van so naby as van kollegas in ons eie kantoor tot familie in Krugersdorp, vriende in Potchefstroom, vreemdes uit Louis Trichart en tot so vêr as Noorweë!  Almal wou gee!  En soos die kleintjies opgewonde geskree het:  “want as ons deel, het almal ewe veel!”

Die baadjies sal nie net lukraak uitgedeel word nie, maar aan persone geskenk wat by PEN se opheffingsprojekte ingeskakel is. 

‘n GROOTfm 90.5 dankie vir elke baadjie vir een van ons minder bevoorregte maatjies wat sommer nou dag én nag kan warm bly!  Dankie vir die warm verskil wat jy hierdie winter gemaak het en baie dankie dat jy vorentoe getree het as ‘n vennoot en helper en dat ons etlike duisende baadjies gereed het vir die eerste dag van winter op Woensdag 1 Junie 2016!

GROOTfm 90.5 se Winterprojek waar ons warm baadjies wil insamel, want ‘n baadjie hou jou heel dag warm en stap saam werk toe op daardie koue wintersoggende wanneer jou kombers agterbly…
 
Kliek hier vir meer inligting.
 
No images found.
 

16 Maart 2016

Kom "Leef saam met MY mense"

GROOTfm 90.5 se #LeefSaam inisiatief bring jou nader aan ‘n deel van God se gemeenskap wat ons nie altyd verstaan nie en dan op ‘n afstand oordeel: boemelaars, karwagte, prostitute, honger kinders, persone met ‘n gestremdheid... Ons kyk eerder anderpad, want dit breek ons hart, maar ons glo dis presies wat moet gebeur, want kreatiewe oplossings vloei spontaan juis vanuit ‘n gebreekte hart in verhouding met gebroke mense...
 
Kliek hier vir meer inligting.
 

5 – 8 Februarie 2016

Die GROOTboot

Maak seker jy MIS nie uit op die kans om saam met GROOTfm 90.5, Steve Hofmeyr en Karlien van Jaarsveld na die Portugese eilande te vaar nie!

Besoek: http://www.msccruises.co.za/za_en/Special-Cruises/Theme-Cruises/die-groot-boot.aspx vir meer inligting