Magies vol en ogies toe… ‘n Gesegde wat ons goed ken, maar vir sommiges is dit makliker gesê as gedaan. GROOTfm 90.5 en KerkSonderMure wil die minderbevoorregte-gemeenskap van Pretoria dié feesseisoen impakteer met die Goeie Nuus Kersfees Kosgee projek. Of jy ‘n finansiële bydrae wil lewer, of self jou emmer kruideniersware wil gaan aankoop, jy kan die kersvader in iemand se lewe wees!