Mancave

Die 2015 Wêreldbeker-rugbytoernooi is oppad en alles skop af in JOU sitkamer! GROOTfm 90.5 gee die Ultimate MAN CAVE weg met Tafelberg Meubels en mede-borge. Die GROOTfm 90.5 span, borge en 40 semi-finaliste het almal Vrydagmiddag by GROOTfm se kantore gereed gestaan om te hoor wie deel is van die 10 finaliste.

Baie geluk aan ons 10 finaliste: Kloppies Klopper, Roelf Theunissen, Wynand Delport, Gideon Smit, Chris Venter, Jaco de Lange, Willem van Schalkwyk, Johan Fourie, Louis Horn en Dustin Bye.

Op Saterdagoggend is die ULTIMATE MAN CAVE wenner gekies by Mc Carthy VW Menlyn tydens die finale rondte. ‘n GROOTfm-geluk aan Johan Fourie wat as algehele wenner weggestap het.