HoopStoot

#‎HOOPhelde

Terwyl ons op Jeugdag teruggekyk het na duisende jongmense se optog presies 40 jaar gelede op 16 Junie 1976, het ons ook vorentoe gekyk en besin oor wat regtig die heel beste belegging is om die jeug van Suid-Afrika se toekoms permanent te verander! Die antwoord? Ongetwyfeld elke keer - OPLEIDING!

By GROOTfm 90.5 wou ons hierdie niks-doen tone-tel vakansiedag 'n stoot in die regte rigting gee met ‘n sterk boodskap van hoe elkeen van ons tot hierdie oplossing kan bydrae! Die helde van die dag is egter ons vriende van Atterbury Trust wat ons gehelp het om twee jongmense se toekomsdrome 'n HOOPstoot te gee in die vorm van 'n beurs te gee! Opleiding is Atterbury Trust se hooffokus en sedert 1999 het hulle al meer as 500 studente gehelp wat vandag ons land se ingenieurs, ouditeure, advokate en dokters is!

Deon is op tweejarige ouderdom verlam gelaat na 'n wrede aanranding, maar het homself leer loop met krukke. Sy droom om klank ingenieur te word het 'n broodnodige HOOPstoot gekry!

En Enoch (wat "toegewyd" beteken - sy pa, Ian het vertel dat daar al by geboorte gesê is dat hy 'n "brugbouer" sal wees) is derde jaar meganiese ingenieurswese student met 'n gemiddeld van 75%! Ook hy het 'n beurs gekry om enduit sterk klaar te maak en groot was almal se verbasing toe ons annonieme ‪#‎HOOPhelde ook gesorg het vir splinternuwe wiele vir wanneer hy in Julie sy praktiese opleiding by verskillende firmas begin!

Ons kan bekommer of ons kan bou aan die jeug van ons land! Ons kies om te bou deur die beste vorm van bemagtigting en die beste belegging in die jeug – opleiding!

‘n GROOTfm 90.5 dankie aan Zahn Hulme en haar span by Atterbury Trust en Nastassja en Engela as verteenwoordigers van ons motorfietsborg! Julle maak ‘n daadwerklike verskil aan die toekoms van ons land en ons waardeer dit opreg!

No images found.

#GROOTindieklein

GROOTfm 90.5 se motto vir 2016 is #GROOTindieklein en ons raak opgewonde oor die kleinste dingetjies en soos wat mense getrou is in die min en die klein en dit wat lyk na onbelangrik! Die GROOTfm 90.5 span is op ‘n missie om hierdie jaar “GROOT...in die klein” te gaan – getrou in die min en die onopsigtelike.


#HOOPstoot vir JG

Februarie 2016

GROOTfm 90.5 het gedeel in 'n storie van dapperheid en dankbaarheid, 'n gemeenskap se saam werk en ‪#‎SaamStaanVirJG om ‘n verskil in die Oosthuizen-gesin se lewens te maak. Loer gerus ook na hierdie insetsel wat op Die #GROOTontbyt verskyn het https://www.youtube.com/watch?v=6KF3kJr9jvQ

No images found.

Sello se Rolstoel

Sello is op ses maande gebore met verskeie uitdagings. Hy kan nie praat nie en skuifel op die grond rond as hy wil beweeg. Sy pa was ‘n taxi bestuurder wat tydens ‘n taxi onrus vermoor is. Sy ma het as gevolg van die trauma te vroeg in kraam gegaan. Sello is sedertien gestremd en sy ma het nooit weer getrou nie en haar lewe gegee om hom tuis te versorg.

Die feit dat sy oorgeerfde rolstoel al 'n geruime tyd flenters is, beteken Sello en sy ma kan glad nie die huis verlaat nie. Sy tannie Dorris van Centurion se inisiatief om saam met haar vriendinne vir meer as drie jaar lank koeldrankdoppies en broodknippies in te samel in die hoop dat hulle eendag vir hom 'n nuwe rolstoel sal kan kry, is presies wat ons HOOPstootprojek by GROOTfm 90.5 se kriteria vereis: “dat die persoon wat ‘n behoefte het of versoek rig al self iets moes gedoen het om sy/haar eie omstandighede te verlig of te verbeter en nou net die laaste hup- of dan nou HOOPstoot kort”.

Sello het op 9 April 2016 sy 21ste verjaarsdag gevier! Dis 'n groot jaar wat met baie vryhede gepaard gaan. Mense gee vir mekaar soms 'n sleutel vir 'n 21ste verjaarsdag as simbool van die vryheid wat dit ontsluit. Die Sweethearts Foundation het op 8 April ‘n rolstoel aan Sello se tannie Dorris oorhandig ter viering van sy verjaarsdag! Ons het eers na die tyd besef hoe hierdie geskenk van beweging vir hom en sy ma ook 'n mate van vryheid weer teruggee.

No images found.

"Baby D" se kar

Dis ‘n storie van hoe liefde en omgee en toewyding ‘n kind se lewe gered het en vir hom ‘n toekoms gegee het.

Dis ‘n getuienis van geen woede of kwaad oor wat met hom gebeur het nie, want hy is presies waar hy moet wees en dankbaar vir sy nuwe gesin wat vir hom hulle alles gegee het. Dis ‘n verhaal wat getuig van hoe samewerking ‘n groot uitdaging afbreek in iets wat baie makliker is om te behaal.

En dis ‘n uitnodiging wat mens uitdaag om ook soms ‘n opoffering te maak sonder dat alles reeds sin maak of in plek val en perfek uitgewerk is.

GROOTfm 90.5 het in samewerking met die ACORN Foundation en hul vennote en vriende uit die sakewêreld op die vooraand van Deon se 19de verjaarsdag, tydens ‘n ACORN Foundation gholfdag op 21 April 2016, altesaam R100 000 ingesamel om vir hom sy eerste kar te skenk.

https://www.youtube.com/watch?v=D5q8eNkKxg0

No images found.

GROOTfm 90.5 en COSMO

GROOTfm 90.5 het saam met ons vriende van COSMO by die Derdepoort Ontwikkelingsentrum gekuier waar daar op Hemelvaart 'n stukkie kleurvolle hemel op aarde geskep is vir die 40 kleuters tussen 3 en 6 jaar oud!

Die fondse van die 2015 COSMO Run is ingeploeg, ingekleur en ingespeel deur die COSMO personeel wat als behalwe 'n langarm tjekkie kom aflaai het! Direkteure, regsadviseurs, krediteure en bemarkers het vir ‘n dag in 'n ander pos gestaan as verwer, swaaier, broodjie-smeerder, voetewasser, onderwyser, oppasser, stoei-oom, troos-tannie en speeltannie en ek glo dit gee sommer weer nuwe betekenis en diepte aan iemand se Maandag tot Vrydag werk.

GROOTfm 90.5 is super trots om saam met COSMO te werk aan die 2016 COSMO run op 28 Mei by die Botaniese Tuine ten bate van GROOTfm se ‪#‎HOOPstoot projek. Die treffende slagspreuk van die COSMO run is: "Get up! Make a choice! Set the tone!"

No images found.

Moedersdag make-over

Groot FM 90.5 in samewerking met Marguerite Evans Ministries, Ina Kotze van Kolonnade Retail Park en sommer 'n hele span engele was deel van Kotie Nigrini se Moedersdag Make-over! Marguerite het 'n unieke liggaam-, siel- en gees benadering tot mooi-maak! Sy het twee ure saam met Kotie gebid en gevra dat die Here vir hulle sal wys waarop Hy vandag Sy lig wil laat skyn. Kotie het al soveel van die trauma van die operasie wat haar dogtertjie gestremd gelaat het, verwerk, maar steeds kon hierdie mooi, sterk vrou 'n verdere vlak van vergifnis en vryheid beleef!

No images found.