Algemeen

JUDEA HOPE werk reeds die afgelope 16 jaar in arm gemeenskappe met ‘n verskeidenheid van opheffing- en ontwikkelingsprogramme. In 2011 het hulle begin om die kenmerkende wit en blou tente wat as kerke geplant is, vir die res van die week ook in te span as informele dagsorgsentrums wat fokus op die ontwikkeling van voorskoolse kinders. Sedertien is meer as 1000 informele dagsorg sentrums opgerig!

Die logiese eerste stap in vroeë kinderontwikkeling is kos. JUDEA HOPE het hulle eie kos (wat bestaan uit rys, soya en gedroogde groente) ontwikkel met die hulp van mediese dokter Anton Janse van Rensburg. Dit bevat ook ‘n aparte aanvulling van vitamienes en minerale. Die gebruik daarvan het onmiddellik ‘n afname in kindersiekte en ‘n verbetering in algehele gesondheid (veral by mense wat HIV positief is) teweeg gebring.

Behalwe vir die kos, voorsien JUDEA HOPE ook opleidingsmateriaal, basiese geletterdheid op universiteitsvlak vir die personeel en kinderontwikkelingmateriaal vir die personeel/onderwysers om te gebruik. Die span van GROOTfm 90.5 het “aspris” op GOEIE NUUS VRYDAG (27 Mei) gaan help om 110 000 etes van die “More than a million meals” doelwit vir 2016 te pak! (Ons praat nie net goeie nuus nie – ons doen goeie nuus!) Ons susterstasie, Tygerberg 104fm sal ook ‘n beurt kry op Madibadag!

No images found.

Die GROOTfm-span het saam met ons vriende van PEN, Pretoria-middestad verken om bietjie onder die vel van ons stad te kom. GROOTfm 90.5 se #BaadjieVirMaatjie winterprojek het sopas afgeskop en hier in ons mooi kantore gebruik ons te maklik terme soos “koud”, “nood”, “honger” en “swaarkry”. Hoe sou dit lyk as hierdie woorde ‘n gesig en naam en storie kon kry?

Ons het gesigte en stories gekry, maar ons het ook 'n rede gekry: waardigheid.

Verhouding is moeilik en omgee is messy en ongemaklik en dit vat soms lank...maar die fellowship bedien ons almal se harte en dis die enigste manier wat ons mense en uiteindelik ons stad gaan transformeer...

No images found.