#SKOOLMETDIEBESTEGEES 2017

Ons het ongelooflike skole in Pretoria wat gees wys op die sportveld, kultuurgebied, deur hulle omgee in die gemeenskap en sommer net deur leerders se massa-deelname! Ons wil hierdie gees vir almal wys sodat Suid-Afrikaners kan hoop skep vir die toekoms en kan aansteek by die jongmense se positiwiteit!

Jy kan ook deel wees van die pret! Klik Hier om na die livestream te kyk!

Laerskool Constantiapark

Die 2017 Groot FM 90.5 en Beeld #SKOOLMETDIEBESTEGEES projek is op Vrydag, 10 Februarie 2017 afgeskop by Laerskool Constantia Park. In grys en rooi getooi, 'n piekniek op die rugbyveld saam met Pappa en Mamma EN met harte wat omgee en klop vir hulle skool, hul gemeenskap en vir mekaar het die CP's ONS harte gesteel!

‘n Voorreg om te kon deel in elke stukkie van die aansteeklike atmosfeer wat by die CP’s geheers het.  Dit was ‘n GROOT-gees-fees-van-baie-harte!

Die CP’s #GAANbos – loer gerus hier.

Kyk na die fotos hier.