GROOT Ontbyt binnekort nóg groter

kykNET en GROOTfm 90.5 het gróót nuus.

Die GROOT Ontbyt is ‘n splinternuwe konsep wat die uiteenlopende wêrelde van Radio en TV een laat word.

Terwyl die GROOTfm 90.5 luisteraars die klanke van Die GROOT Ontbyt in die kar geniet,  word kykNET-kykers by die huis vermaak met ingeligte inspirasie vir elke werksdag!  Dit beteken: Een regstreekse uitsending, gelyktydig aangepas vir die unieke behoeftes van radio- en TV-gehore.

Die inhoud van Die GROOT ontbyt is hoofsaaklik aktueel met ‘n gesonde dosis vermaak.

Luisteraars en kykers kan uitsien na ‘n program propvol nuus, leefstylwenke en natuurlik goeie musiek. 

Die anker-aanbieder is die bekende radio- en TV-persoonlikheid, Johrné van Huyssteen.  Elsa Esterhuizen is aan die stuur van nuus- en aktuele sake, Hendri Myburgh hanteer sosiale media, verkeer en leefstylonderhoude terwyl Rouchelle Liedemann gereeld rond kuier as Kaapse-korrespondent.

Die span word op ‘n gereelde basis bygestaan deur Riaan Grobler en Su-an Marais as mede-aanbieders.

Aanbieders
Johrné van Huyssteen
Anker-aanbieder
1974:
Gebore Griekwastad

1992:
Matriek Reitz en ook Vrystaat Jeugkoor

1993:
Kannaries, SA Lugmag: Kannaries, SA Lugmag

1994-2001:
Studeer Teologie, Honneurs in Bybelkunde en Meesters in Praktiese Teologie. Gestalt

2000:
Stigterslid van Geblikte Afrikaans en die musiekgroep ddisselblom

ddisselblom het al vier CD uitgebring
6 jaar televisieaanbieder op Kyknet, MK en SABC3
3 jaar Editor van DEKAT Man
Vanaf 2011: Radio omroeper by OFM en Grootfm
2014: Swem van Europa na Asie

Verder is ek maar net lekker oor als.

Vir seremoniemeester of optredes, kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 
   
Hendri Myburgh
Verkeer- en sosiale media-aanbieder
Gebore en getoë in Centurion, het die kultuur-gogga Hendri alreeds by geboorte gebyt toe hy sy stem dik gemaak het met sy eerste skree. Gevolglik het hy sy passie in die vorm van drama en musiek uitgeleef en sit hy dié passie steeds op ‘n daaglikse basis voort. Hy voltooi sy B.Tech graad in Drama en Film aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie met lof, is tans besig met sy Meestersgraad en dit is hier waar hy sy radiotalent begin slyp. Hy skop sy radioloopbaan in 2012 af en raak ook aktief betrokke in die vermaaklikheidsbedryf. Verskeie projekte volg o.a. As jy Sing, Liefling: die Musical, Afrikaans is Groot en op die kassie: kykNET se Pandjieswinkelstories en gasaanbieder by verskeie geleenthede vir BRAVO! In 2014 en 2015 bereik sy radioloopbaan ‘n hoogtepunt, waanneer hy genomineer word vir verkseie MTN Radio Awards toekennings, insluitend: Beste aandprogram, Beste musiekprogram en Beste verkeersverslaggewer waar hy ook benoem word vir die Beste aandprogram. Ander toekennings sluit ‘n Ghoema toekenning in vir sy betrokkenheid as stemkunstenaar en persoonlikheid van Buster die Brak.

Hendri is steeds oortuig van die dinamiese verskil wat hy deur middel van die radio-en mediawese in iemand se lewe kan maak. Sy radioloopbaan neem hom tot ‘n uitgebreide platform in die media-en-uitsaaiwese en dien hy tans as omroeper en TV aanbieder op GROOTfm 90.5 & kykNET se GROOTontbyt, waar hy hoofsaaklik die dinamiese rol as verkeersverslaggewer en Sosiale Media korrespondent inneem. Passievol, lewenslustig en dus sien dié energieke individu kans vir GROOT uitdagings!

Hendri leef volgens Walt Disney se woorde: "If you can dream it, you can do it."

Vir seremoniemeester of optredes, kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 
Elsa Esterhuizen
Nuus en aktuele sake
‘n Passie vir Afrikaans, radio, musiek, mense EN die lewe!

Gebore in 1991 met ‘n liefde vir gesels… Elsa het nog altyd presies geweet wat sy eendag wil bereik en toe raak sy absoluut VERLIEF op radio! Dis juis tydens ‘n deurnag-kuiersessie in ‘n ateljee, wat sy haar hart op dié medium verloor het en dadelik besef het DIS waar God haar wil hê! Na skool studeer sy Kommunikasiekunde.

In 2012, op 21-jarige ouderdom, het sy haar doelwit bereik en begin bou aan haar loopbaan. Sy maak haar debuut op radio by Bosveld Stereo in Hartbeespoort. In 2013 begin haar GROOT avontuur tussen die klankgolwe by GROOTfm 90.5. Dié liefde het steeds bly groei en toe byt die nuus-gogga haar en maak sy soggens ‘n draai op e.tv "Sunrise" in 2014.

"Mense som my dikwels op as ernstig, maar ek lag eintlik BAIE en maklik, jy weet? Dit bly ‘n voorreg om steeds by my mentor LiMari Louw en ander rolmodelle in die bedryf soos Mariëtta Kruger te kan leer - dit hou my op my knieë, en my GROOTSTE droom GROOT. Ek praat baie en is versot op my twee kat-kinders Luca en Lika en spanjoel-kind Cleo."

Elsa is ongelooflik opgewonde om deel te wees van die fenomenale en dinamiese GROOT-ontbytspan. Terwyl jy jou eerste koffie soggens geniet - hou sy jou op hoogte van die nuus en belangrike wêreldgebeure.

Vir seremoniemeester of optredes, kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 
Rouchelle Liedemann
Kaapse Korrespondent
Vibrant. Inspirational. Influential.

As a one of our countries top professional vocalists, Rouchelle finds herself constantly in front of lights, cameras, people and the media.

Whether magazine articles or televised performances, national concerts or television interviews, Rouchelle is consistenly in the limelight and right in the centre of peoples attention.

Recent Television Performances & Interviews:
KYKNET: Huisgenoot Skouspel 2011 /2012 /2013
KWELA: TV Interview 2013
NOOT VIR NOOT: SABC 2 2013
GOD TV: Christmas with God TV 2011
SABC 3: Expresso, Live Performance 2011
KYKNET: Christmas with God TV 2011
SABC 1: Children's Educational Programme 2011
KYKNET: 2011 Radio Tygerberg Gospel Skouspel
 
Su-an
MÜLLER-MARAIS
Aanbieder
Ontmoet ons ATKV-Mediaveertjiewenner, kosliefhebber en koningin van dubbelsinnigheid!
Jy ken haar dalk as Elaine van 7deLaan. Sy het ook al in Binneland verskyn, maar sy’s ook ‘n bekroonde omroeper met ‘n Honneursgraad in Afrikaans-en-Nederlands en was ‘n dramajuffrou vir 3 jaar! Sy het ook film-en televisiekunde onder Brümilda van Rensburg studeer en met lof geslaag. Op Universiteit het sy verskeie toekennings ontvang vir haar toneelspel en is al genooi om Suid-Afrika in Amerika te verteenwoordig tydens SATCH 2012 (South African Talent Championships).
 
Su-an het 'n gesig vir radio én TV. Ná haar betrokkenheid by Die Groot Ontbyt weeksoggende, bied sy haar eie radioprogram op GrootFM 90.5 om 09:00-12:00 aan, naamlik Su-an en so aan, waarvoor sy ‘n ATKV-Mediaveertjie ontvang het vir Beste aanbieder by ‘n gemeenskapradiostasie in 2016. Sy is bekend vir haar reguit, skerp, alternatiewe blik op die lewe, wat ook sorg vir unieke, vermaaklike onderhoude met bekendes soos Steve Hofmeyr, Wouter Kellerman en Suzelle DIY, wat haar al twee ATKV-medaveertjiesnominasies besorg het vir Beste onderhoudvoerder/aanbieder van ‘n joernaalpogram in 2015 én 2016.

Te danke aan Die Groot Ontbyt, is Su-an nou ‘n koffiesnob, koskenner én oggendmens.

Een van haar gunsteling leuses: You're only given a little spark of madness. You mustn't lose it (Robin Williams).
 
Riaan Grobler
Vervaardiger EN aanbieder
Positief, energiek, kreatief. Die drie woorde wat Riaan Grobler die beste beskryf. Sy drome maak hom bang want hy glo as jou drome jou nie bang maak nie dan droom jy nie groot genoeg nie. Sy persoonlike leuse is: “Om nie te waag nie, is om die onberekenbare skade te ly om nooit te weet wat kon gewees het nie”.
 
Gebore op 19 November in Pietersburg as die jongste van 5 kinders.
 
In sy matriekjaar neem hy deel aan die Wêreld Kampioenskappe vir uitvoerende kunste in Los Angeles se sangafdeling en besluit net daar en dan om sy passie vir drama verder te vat en gaan studeer drama by die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Hy sing graag, het reeds 5 cd’s op die rak, duette met Juanita du Plessis, Rinél Day, David Fourie en ook Nadia Beukes.
 
Riaan is mal daaroor om mense skrik te maak, hy is ook die pa van twee worshond-kinders, Timmy en Noeshca, radio omroeper en deesdae ook vervaardiger en aanbieder van die Groot Ontbyt. .