Geloofstapper erken oneerlikheid

Gelooftog02blog

                                                          Jurie Pieters in 2014. Foto: Mia Slabbert

28 September 2015

Die sogenaamde geloofstapper Jurie Pieters het erken dat hy barmhartiges regoor Suid-Afrika met leuens bedrieg het.

Pieters het op sosiale media op sy Facebook-blad geskryf, dat hy nie siek is nie, en dat hy net aandag wou kry. Hy het vroeër beweer hy het al meer as 21-duisend kilometer oor die land gestap, nadat hy glo twee-jaar gelede met breinkanker gediagnoseer is.

Hy het vir die afgelope twee-jaar van liefdadigheid oor-eef en onder meer motiveringpraatjies by skole gedoen. GROOTnuus het al verskeie kere oor Pieters se gelooftog berig, en het ook vir hom die rooi rugsak gekoop, waarmee hy op talle foto’s pronk.

Pieters is onlangs tydens ‘n gratis besoek aan ‘n gastehuis in Pretoria deur polisie verwyder, nadat die eienaar van die gastehuis, Rosemarie van Staden, onraad vermoed het.

Luister hier na Van Staden se ervaring met Pieters:

https://soundcloud.com/grootfm/nuus-jurie-blog

 

Pieters het ook glo aan Van Staden gesê dat hy nooit ‘n vrou en kinders gehad het wat, soos hy beweer het, op sy verjaarsdag dood verongeluk het nie.

Pieters se foon is sedert die 19de September af, wat die dag is wat hy die Facebook-inskrywing gemaak het, en hy kon nie vir kommentaar bereik word nie.

- Mia Slabbert

Comments  

 
0 #2 Anemonalove 2017-07-02 11:33
Hi guys! Who wants to see me live? I have profile at hotbabescams.co m, we
can chat, you can watch me live for free, my nickname is Anemonalove , here is my pic:


https://3.bp.blogspot.com/-u5pGYuGNsSo/WVixiO8RBUI/AAAAAAAAAFA/JWa2LHHFI2AkHParQa3fwwHhVijolmq8QCLcBGAs/s1600/hottest%2Bwebcam%2Bgirl%2B-%2BAnemonalove.jpg
Quote
 
 
0 #1 Maggie van Zyl 2015-09-30 09:57
:-? :sad: dit maak my woedend en ook hartseer, wanneer mense hul siekte en dood, en veral Jesus, gebruik om op ander mense se rue te ry. Dit maak 'n bespotting van die hele situasie, en breek 'n ou se geloof en vertoue net meer af in die mensdom. Op die manier skaad hy andere wat dit werklikwaar nodig het.
Quote
 

Add comment


Security code
Refresh