Skryf nou in vir die Capital Singers Christmas Spectacular, ‘n koor-skouspel wat uit ’n duisend gemeenskapslede, met ‘n passie vir sing bestaan. Jou inskrywingsfooi sluit ook die nodige bladmusiek in, met repetisies en optredes wat tussen 9 en 13 Desember plaasvind. Die musiekproduksie word begelei deur van Suid-Afrika se top instrumentaliste tesame met gaskunstenaars Joshua na die Reën, Brandon October en Magdalene Minnaar. Skryf in vir slegs R460 by www.capitalsingers.co.za, met die enigste vereiste, dat jy reeds een of ander tyd vir ‘n jaar, deel was van ‘n koor.

Hierdie skouspel word met trots geborg deur Time Square, GROOTfm 90.5 en Johan Ungerer – Signature Events.