In 2017 het apteke, banke, boekhouers en begrafnisdienste, veeartse en finansiele adviseurs, karhandelaars en klerewinkels, colleges en skole, posdienste en prokureurs, rekenaarfirmas, eiendomsagente en verhuringsmaatskappye, die Voortrekkers, gewone gesinne en selfs afdelings van die stadsraad almal gehelp om ongeveer 3500 warm winter baadjies in te samel vir ons minderbevoorregte vriende van PEN en Helpende Hand!  Hierdie jaar maak ons weer so!

Op Woensdag, 2 Mei het ons ons #blikkiesenbaadjies Winterprojek afgeskop wat sal duur tot en met 31 Mei.  Die twee begunstigdes is weer PEN en Helpende Hand met ‘n lekker wye netwerk van skole en skuilings, ouetehuise en kinderhuise wie almal sal baat!

Daar is 2 maniere om deel te neem:

1.     Mense/skole/kantore/maatskappye/organisasies kan vir die volgende maand blikkies en baadjies insamel by hulle kantoor en ons vennote, PEN en Helpende Hand sal die bydraes by hulle gaan oplaai  OF

2.     Julle is welkom om julle skenking by GROOTfm se kantoor te kom aflaai!

Kliek gerus hier vir meer details oor ons projek vir 2018 (dit kan dan deurkliek na aangehegde pdf)!