#Baadjie vir 'n Maatjie

Ons haal so vanselfsprekend op ‘n koue dag ‘n warm baadjie uit ons kas. ‘n Baadjie met baie ander maatjies in allerhande kleure en groottes vir ‘n variasie van geleenthede en temperature. Maar miskien het jy ook al by die huis uitgery en iemand op straat gesien - iemand nes jy - ‘n ma met ‘n kind aan die hand nes joune of ‘n man wat ook vandag sy brood en botter gaan verdien deur harde werk, maar wat moet stap waar hulle wil wees en na ‘n koue nag nie eers een warm baadjie het om deur die dag te kom nie. En miskien het jy ook gedink: wat van ‘n baadjie vir ‘n maatjie - nes ek?

 

GROOTfm 90.5 wil in die winter van 2016 warm winterbaadjies bymekaar maak vir al ons minderbevoorregte vriende wie nie ‘n baadjie het om deur die koue nag OF dag te kom nie! En dis wat so lekker werk: ‘n baadjie kan jou dag én nag warm hou terwyl ‘n kombers moet agterbly en boonop voel daardie baadjie asof hy jou heeldag omarm en omvou in die liefde waarmee hy gegee is!

 

Baadjies kan by GROOTfm 90.5 se kantoor afgelaai word van 9 tot 20 Mei en sal dan aan PEN geskenk word vir behoeftige persone wat aan PEN se opheffing- en bemagtingsprojekte deelneem. Daar waar skole en besighede op groot maat baadjies insamel, sal ons graag die baadjies by jou skool of kantoor wil oplaai en op dieselfde dag versprei na waar nodig.

 

Vir meer inligting:
Kontak gerus ons projekorganiseerder:
Lindie Strydom
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

baadjie-vir-n-maatjie-2016

 

Kliek hier om die PDF af te laai

Gaan terug na die Projekte bladsy.