Die Hazies het vanoggend met niks teruggehou tydens hul deelname aan GROOTfm 90.5 en Skole Beeld se #SKOOLMETDIEBESTEGEES2019 kompetisie nie. Met slegs 520 leerlinge vanaf graad 8 tot 12 het hulle gebulder asof daar duisende leerlinge op die pawiljoene is. Hulle kan letterlik op ENIGE liedjie dans of bewegings doen en die skool skree soos een man saam vir hul mede-spanmaats wat deelneem aan speletjies of die hindernisbaan. Daar heers GROOT geesdrif, vurigheid en entoesiasme wat sonder ‘n onderwyser aangevuur word. Hazies, namens al die borge (Bounce, MitMakMotors, Beeld, Signarama Pretoria Noord, Dr Tooth Little, Oliela en Cosave Powerbuild) – baie, baie dankie vir ‘n onvergeetlike oggend van hoendervleisgewende gees.

Deel die artikel met jou vriende: