Madelein Pienaar het ingeskryf vir SPAR se #FindYourWingz kompetisie op Facebook met die volgende kommentaar: “Today I found my wings in the support from my friends and family after being diagnosed with breast cancer this morning. Never knew so many people cared”. Dit was maar net twee weke gelede op die 11de Junie 2018. Groot FM 90.5 het toe besluit om vir Madelein te gaan wys net hoe GROOT die omgee vir haar werklik is. As die wenner van die #FindYourWingz kompertisie het SPAR met komplimente van Jenna Clifford vir Madelein haar prys gestuur asook ‘n bos blomme wat enige een se dag op-vrolik en ‘n pakkie bederf. Madelein het met ons gedeel hoe sy in haar regterarm kon voel “iets voel net nie meer reg nie”, en nadat sy selfs haar kamera amper laat val het, het sy besluit dit is tyd om Dr. toe te gaan… Na die diagnose kon sy nie glo net hoeveel mense werklik vir haar omgee nie, haar kollegas by Maizey in Pretoria Wes, haar skoonouers en dan haar man wat haar vlerke vir haar sterk hou. Laasweek was die begin van haar chemo, en alhoewel sy nog ‘n paadjie het om te stap het hulle wel nog net goeie nuus ontvang na die diagnose. Ons wens vir Madelein baie sterkte vorentoe, dit maak ons harte warm om te weet mense gee om, en so groei ons ons vlerke en vlieg ons hoër en sterker saam. Jou mense is my mense en ons omgee vir mekaar gee vir iemand opnuut vlerke! #FindYourWingz

Deel die artikel met jou vriende: