#blikkiesenbaadjies #InternasionaleSpeeldag #HamburgerDag Groot FM 90.5 vier Internasionale Speeldag so saam met Hamburger Dag en al lyk alles baie vrolik het ons ‘n ernstige boodskap op die hart: As elkeen van ons, ons rol in die gemeenskap SPEEL, kan kinders SPEEL-SPEEL GROOT word!” Kinders moenie bekommer oor die koue wat voorlê of waar vanaand se kos vandaan sal kom nie en daarom het GROOTfm 90.5 ‘n #blikkiesenbaadjies Winterprojek aangepak ten bate van PEN en Helpende Hand! Ons as gemeenskap wil intree om hierdie behoeftes van koud en honger te ontmoet sodat kinders kan fokus op dit wat kinders die beste doen: #SPEEL! Ons span van #GROOTfm het vanoggend by Beyers Bytjies Pre-Primêre skool in Danville van Vroteier en “Wolf-Wolf hoe laat is dit” tot danspassies, Stomstreke en “Simon Says” gespeel! As mens so bietjie nader staan, hoor jy die behoefte in hierdie gemeenskap. 80 van die 154 kleuters kan nie die minimale skoolfonds van R100 per maand bekostig nie omdat hulle gesin se gesamentlike inkomste minder as R3000 per maand is. Verder het die skool 50 gesinne geïdentifiseer wat geen of beperkte voedsel tuis het vir wie hulle elke 2 weke ‘n kospakkie gee. ‘n GROOTfm 90.5 dankie aan Keith van Arapaho Spur Steak Ranch in Menlyn wat ter viering van Hamburger Dag vir elkeen van die kleuters hulle eie hamburger en chips gemaak het! Ons het GROOT waardering vir die rol wat SPUR al vir meer as 50 jaar in die gemeenskap speel! “Speel” saam met ‘n bydrae van ‘n blikkie kos of ‘n warm baadjie voor Vrydag 31 Mei! E-pos gerus vir lindie@grootfm.co.za as jy betrokke wil raak!

Deel die artikel met jou vriende: