Gggggggggggggoeiste Ggggggggggggenade, maar die Ggggggggggarsies het Gggggggggroot Ggggggggees!!!! Dit was n oggend van G’s of sal ons sê GEES!!!!! Die Garsies het afgeskop met die bekendstelling van hul 1ste spanne op die maat van dromslae en n doedelsak! Daarna het Robbie Wessels en Steve Hofmeyr saam met die Blue Bulls babes die gees na n volgende vlak geneem met die opname van n musiekvideo vir hul nuwe rugbyliedjie en die Garsies gooi GROOT gees in die agtergrond! Bloukaas het sy nuwe liedjie #Desember gesing en GROOT was die verrassing toe een van Garsies se leerlinge saam met hom duo! PS… Mariné – jy is BRILJANT! Die oggend het geloop soos stroop en ons is almal taai van die son en dans en skree en sweet daar weg… met genoeg GEES om die res van Pretoria te gaan aansteek met gees vir mekaar en gees vir ons land! Die Garsies se goeie-harte-van-gee het natuurlik ook geklop vanoggend en nuwe hoop is gebring aan die leerlinge van Pure Hope School! Dankie Robbie Wessels Steve Hofmeyr en Inhoud Huis Media dat julle saam met ons in Afrikaanse hoendervleisgewende gees glo en n #SKOOLMETDIEBESTEGEES platform gebruik vir Afrikaanse musiek, musiekvideo’s en soveel meer! Dankie aan ons ongelooflike borge wat hierdie oggende moontlik maak, Beeld.com Mit-Mak Motors MBT Petroleum USA Sports Laser Adventures Enslin & Associates Chartered Accountants



Deel die artikel met jou vriende: