#GoeieNuusVrydag – Nog ‘n R10 000 #HOOPstoot vir Laerskool Tuine se #GroenieNessieKleuterskool na hulle stoor met duisende rande se speelgoed afgebrand het op die 4de April 2018!

Cecilia Richards van Peak Power Solutions het GROOTfm90.5. geluister toe ons vertel het van die kleuterskool se verlies en sy en Charlene Roux van die BB MOTOR GROUP wat insluit BB Zambezi Honda, BB Silverton Nissan, BB Sinoville Nissan, BB Menlyn Ford, BB Hatfield Nissan en #PeakPowerSolutions het toe almal kragte saamgespan vir hierdie lekker GROOT gesamentlike skenking!

‘n GROOTfm.90.5 dankie aan elkeen wat gehelp het!

Deel die artikel met jou vriende: