Met ‘n #GAANbos tema het Laerskool Lynnwood op Vrydag, 18 Mei net weer vir almal gewys hoe die Lynnies letterlik BOS kan gaan met #GROOTgees vir #skoolmetdiebestegees2018

Die dirigente het met ‘n BOSBAKKIE gearriveer terwyl BOS-geluide oor die luidsprekers weergalm het, daar is ‘n spesiale #GAANbos kreet ontwikkel en opgevoer, die leerders het bos gegaan op A-WUMBAWE en selfs die ouers het #BOS-klere aangetrek en in hulle massas hierdie #GROOTgees dag ondersteun. Hulle het selfs BOS gegaan in die insameling van produkte vir Eleos, want vir die Lynnies is daar ook gees in die manier hoe hulle gee.

En nes jy dink daar is genoeg BOS gegaan, klim Jan Bloukaas op die verhoog en die skoolhoof, Mnr. Steve Stolk is bereid om op ‘n koue wintersoggend natgespuit te word. Asof dit nie genoeg is nie, het die Lynnies die HOOP sommer ook weer teruggebring saam met hul baie spesiale gaskunstenaar vir die oggend – Jo Black


Deel die artikel met jou vriende: