Op Vrydag, 4 Mei 2018 het Hoërskool Pretoria-Noord ons bederf met hulle aan-die-brand-gees. Daar is met hokkiestokke gedance-off, daar was ge-maggie-laggie, hulle het die Flooze se #DieTennisTune ge-ace en daar was geen “cheezy” moves met Jan Bloukaas se #KaasBraTune nie. Dankie PNHS – julle #GROOTgees, julle #GROOTomgeeharte en julle #GROOT inkoop in alles wat gees bou en feestelik is, is aansteeklik. Ons het ‘n fees van ‘n gees oggend by julle beleef. Dankie ook aan ons borge Beeld, Mit-Mak Motors, MBT Petroleum, Laser Adventures, USA Sports en natuurlik ons gaskunstenaar Liza Bronner wat ons net verder bederf het met haar ongelooflike stem en amazing persoonlikheid. Julle maak van elke geesvang-Vrydag ‘n onvergeetlike oggend!



Deel die artikel met jou vriende: